top of page

The way you bring about change is what you end up with

Sondagoggend na kerk loop ek iemand in die teetuin raak. Op ‘n stadium in die gesprek sê hy hierdie woorde wat my nog die hele week bybly:

“The way you bring about change is what you end up with”.

Waarop hierdie basies neerkom is dat as verandering gebeur in ‘n gesindheid van liefde en begrip en wedersydse respek en deernis is die kans daar dat die verandering nie noodwendig presies lyk soos jy wou hê nie, maar dat daar ten minste liefde, begrip, wedersydse respek en deernis oor is en dat dit ‘n ruimte skep waarbinne groei en lewe moontlik is.


Maar as ons verandering probeer bewerk deur middel van vrees en verpligting en skuldgevoel en beheer en manipulasie en verwyte, is die vraag of verandering plaasgevind nie so belangrik nie, want jy sal sit met die debrisen puin wat veroorsaak is deur vrees, verpligting, skuldgevoel, beheer, manipulasie en verwyte.


Om te kies vir liefde, begrip, wedersydse respek en deernis is aanvanklik meer pynlik omdat dit vra dat ek teen die agenda van my ego moet ingaan, maar aan die einde van die dag is die resultaat lewegewend, want dit skep moontlikhede wat vir almal tot voordeel kan wees.


Om te kies vir vrees, verpligting, skuldgevoel, beheer, manipulasie en verwyte laat voel my dalk aanvanklik soos die baas van die plaas, maar die uiteinde is ‘n konteks wat my isoleer, geweldige pyn en wrokkigheid veroorsaak, en beslis nie tot die voordeel van ander (of selfs myself) is nie.


Wanneer ek begin sien dat mense in my lewe of situasies verander moet ek versigtig kies hoe ek daarop wil reageer, want bloot die manier hoe ek reageer het potensiaal om realiteite te skep.


Nou vra ek myself: As ek nou hier vir Jesus voor oë hou as die een wat God aan ons kom wys, watter woorde pas die beste by hom:

liefde, begrip, wedersydse respek en deernis

of

vrees, verpligting, skuldgevoel, beheer, manipulasie en verwyte?


Lana del Rey sing:

Change is a powerful thing People are powerful beings Trying to find the power in me to be faithful

There’s a change gonna come I don’t know where or when But whenever it does We’ll be here for it


Daar gaan altyd verandering wees. Die vraag is nie of dinge en mense gaan verander nie, maar eerder waarmee ek gaan agterbly na die verandering gebeur het.

388 views

Recent Posts

See All
bottom of page