top of page

Nie so maklik nie, maar…

Een van die deurlopende temas wat ek dikwels in die ondertoon van mense se gesprekke met my hoor is dat hulle op ‘n manier verbaas is dat die lewe so moeilik is. As mens kognitief daaroor dink sal die meeste van ons sê: “Ek weet dat die lewe nie net maklik is nie”, maar tog het baie van ons diep in onsself ‘n verwagting dat die lewe darem nie so moeilik moet wees nie.


Ek het selfs al gehoor hoe mense glo dat die feit dat die lewe moeilik is wys dat hulle iets verkeerd doen en dat God nie aan hulle kant is nie.

CS Lewis het iewers gesê: If you think of the world as a place intended only for your happiness, you find it quite intolerable. Think of it as a place of training and correction and it’s not so bad.


Een ding moet ons mooi verstaan: God het nooit gesê dat die lewe maklik gaan wees as jy in Hom glo en ‘n volgeling van Jesus is nie. Inteendeel. In die geskiedenis van die Christendom was die mense wat die heel swaarste gekry het die gelowiges. Die oortuiging dat dit met ons moet goed gaan en dat alles klopdisselboom moet loop vir God se kinders is minder as 100 jaar oud, toe die welvaartsteologie in die 1920’s in Amerika kop uitgesteek het.


Ek vermoed dat deel van die kuns van ‘n gelukkige en sinvolle lewe is om te aanvaar dat die lewe maar elke dag sy kwota uitdagings en moeilikhede gaan bring. En daarom moet ek dalk nie noodwendig in die oggend bid dat die Here alle struikelblokke uit my pad sal wegneem en dat alle mense met wie ek te doen gaan kry sonstrale sal wees nie.



‘n Dieper gebed is dalk om te vra: Here, help my vandag om, ongeag my omstandighede, te weet dat U by my is en al gebeur wat, dat ek op so manier sal optree dat U deur my lewe aan die woord sal kom.

Paulus sê mos in Filippense 4 (in The Message): I’ve learned by now to be quite content whatever my circumstances.


En as ek nie vandag daarin slaag nie, probeer ek maar môre weer. Die inoefen deel van die lewe is die moeilikste, maar daarsonder gebeur diepgaande transformasie nie.

Ons vergeet soms dat as God se kinders hoef ons nie so hard te probeer om self met die lewe reg te kom nie. Want of ons dit nou weet of nie, die “pleroma”, die volheid van God, vloei deur elke hoekie en gaatjie van hierdie realiteit, en God is in al die wisselende grade van moeilikheid van die lewe by ons.



Die lewe is nie so maklik nie, maar…

Whatever I have, wherever I am, I can make it through anything in the One who makes me who I a

337 views

Recent Posts

See All
bottom of page