Een van die moeilikste onkruid om in ons eie lewens uit te roei is die oortuiging dat ons weet hoe dinge is. Hoe dikwels gebeur dit nie dat ons met iemand te doen kry en dan onmiddellik ‘n opinie vorm oor wie daardie persoon is en nie is nie?
Meer nog: dat iemand vir ons ‘n storie oor iemand vertel en ons ‘n ganse realiteit konstrueer op grond van ongeverifieerde informasie.
Of selfs dat ons met ‘n sekere eensydige samestelling van feite werk en totaal geslote is vir die moontlikheid dat dit wat werklik gebeur veel groter is as wat my beperkte insig my toelaat om te sien.
As God se kinders doen ons mekaar oneindige skade aan deur nie werklik agter die kap van die byl te kom nie en eerder met halwe waarhede te werk.
Alle mense is hieraan skuldig, maar dis altyd vir my besonder erg as ons as volgelinge van Jesus ons aan hierdie gedrag skuldig maak. Is dit nie dan juis ons wat veronderstel is om oop en empaties en vol deernis met mense om te gaan nie? Is dit nie ons wat veronderstel is om eerder oop as geslote, en eerder vrymakend as veroordelend te wees nie?
Dalk het dit iets te doen met ons ingeboude geneigdheid om altyd te soek na ‘n skuldige of sondebok op wie ons ons eie skuld of skadu of betwyfelbare motiewe kan projekteer, want dan is die probleem ten minste daar buite en voel ons vir ‘n kort wyle vry daarvan om die donker of ongesonde of gebroke dinge in onsself aan te spreek.
In die afgelope week het ek op hierdie absoluut aangrypende stuk afgekom:
One of my friends told me about a powerful lesson in her daughter's high school class this winter. They're learning about the Salem Witch Trials, and their teacher told them they were going to play a game.
"I'm going to come around and whisper to each of you whether you're a witch or a normal person. Your goal is to build the largest group possible that does NOT have a witch in it. At the end, any group found to include a witch gets a failing grade."
The teens dove into grilling each other. One fairly large group formed, but most of the students broke into small, exclusive groups, turning away anyone they thought gave off even a hint of guilt.
"Okay," the teacher said. "You've got your groups. Time to find out which ones fail. All witches, please raise your hands."
No one raised a hand.
The kids were confused and told him he'd messed up the game.
"Did I? Was anyone in Salem an actual witch? Or did everyone just believe what they'd been told?"
And that is how you teach kids how easy it is to divide a community.
Keep being welcoming, beautiful people. Shunning, scapegoating and dividing destroy far more than they protect. We're all in this together.
Ons is God se mooi mense. Kom ons maak mooi met mekaar, ongeag van ons geneigdheid om eerder na skuldiges of skandaliges te soek.
Comments