Viam Dei (Jaar 1)
Baie mense smag na ‘n dieper manier van glo en leef. Dalk is jy een van hulle.
Dalk loop jy al ‘n geruime tyd ‘n pad met die Here, maar voel die laaste tyd vasgeval. Of dalk het jy al op verskeie plekke gesoek na ‘n dieper pad met God en dit nie gevind nie. Oorweeg dit dan om in te skryf vir Viam Dei.
Viam Dei is ‘n diepgaande geloofsgroei en spirituele formasie program. Die program strek oor ‘n jaar en jy kry weekliks geleentheid om saam met ander gelowiges te ontdek hoe om jou eie pad met die Here op ‘n vars, maar dieper manier te stap.
Oor ongeveer 30 weke (skoolvakansies uitgesluit) staan ons stil by ‘n uitgebreide aantal temas in die kontemplatiewe spiritualiteit. Tydens skoolvakansies neem ons ‘n ruskans.
Wanneer:
Maandae 18:00-20:00 in persoon
OF Dinsdae 10:00-12:00 in persoon
by die Ooskerk Saal
(Geen Viam Dei aanlyn op hierdie stadium nie)
Koste:
R2200 vir die jaar (betaalbaar in twee paaiemente van R1100 – eerste betaling met inksrywing, tweede in Julie)
Ons skop af op Maandag 16 Februarie of Dinsdag 17 Februarie 2026.
Wat kan jy verwag?
Jy kan verwag
• om uitgedaag te word oor hoe jy tans oor God dink
• om uitgedaag te word om te groei in kennis van
jouself
• om aan insigte en praktyke blootgestel te word wat die
ruimte skep waarbinne jy kan groei
• om nuwe perspektief te kry op die inhoud van jou
geloof en op die Bybel as God se Woord
• om verras te word deur dit waarmee God in jou lewe
besig is
Temas
Sommige van die temas wat hanteer word sluit in:
• Twee kante van die munt
• Godsbeeld
• Jesus se lewe as voorbeeld
• God se Gees as fontein van die lewe
• Fases in geloofsontwikkeling
• Die krag van eenvoud
• Bewustelikheid
• Kontemplatiewe lewenstyl
• Geloofsdissiplines
• Spiritualiteitstipes
• Kontemplatiewe gebed
• Die Bybel en spirituele formasie
• Onderskeiding
• Joernaal en Refleksie
• Die opstel van ‘n lewensreël
• Die Enneagram
• My lewensverhaal
• Oorbodige self/essensiële self
• Nader aan God se pad, nader aan God se hart
• Van geloofsgemeenskap na gemeenskap van gelowiges
• Die kuns van ontspanning
• “Stop doing work, start doing life”
• Die Donker Nag
• Spirituele begeleiding
Uitkoms
Die uitkoms van dié jaar in jou lewe lê tussen jou en God. Ons is daarvan oortuig dat God graag wil hê dat alle mense in verhouding met Hom moet staan en voortdurend nader aan Hom moet groei. As jy jou oopstel vir die werk van God se Gees en jouself met
intensie aan hierdie pad oorgee, sal jy waarskynlik ontdek wat ons self ook elke dag ontdek: Hoe nader ek kom aan God se hart, hoe nader kom ek aan God se pad.
Wanneer vind Viam Dei plaas?
Daar is weekliks twee geleenthede waarby jy kan inskakel:
Maandae 18:00-20:00 in persoon OF
Dinsdae 10:00-12:00 in persoon
by die Ooskerk Saal
(Geen Viam Dei aanlyn op hierdie stadium nie)
Hoeveel kos dit?
Viam Dei is 'n jaarkursus:
Semester 1 - R1100 (betaalbaar met inskrywing)
Semester 2 - R1100 (betaalbaar teen einde Julie 2026)
(Indien jy nie die fooie kan bekostig nie, kan jy 'n persoonlike e-pos stuur aan marina@viamdei.com om dit te bespreek. Finansies moet nooit die rede wees waarom jy nie by Viam Dei kan aansluit nie.)
Hoe skryf ek in?
Inskrywings vir 2026 is nou oop!
Inskrywings vind elektronies plaas en 'n semesterfooi van R1100 vir die eerste semester word verlang met hierdie inskrywing.
