In 2017 is Viam Dei betrokke by Harmonie Park, 'n projek vir senior persone in nood, asook Ikaya Nothando, 'n huis van veiligheid vir baba's. Jy kan ook van jou vaardighede aanbied om by die gemeenskap betrokke te raak. Lees gerus hieronder:
1 Harmonie Park – Aandete
Die 160 inwoners van Harmonie moet elkeen sy/haar eie aandete voorsien.
Aandete kan byvoorbeeld wees:
• Wors broodjies
• Pasteie
• Sop met broodjies
2 Harmonie Park – Koskas
Die koskas moet voortdurend aangevul word met items soos:
• Cup-a-soup
• Kaas wiggies
• Klein blikkies pilchards
• Klein blikkies bullie beef
• Beskuit
• Klein houers koffie, tee, suiker, melk
• Klein porsies (soos in restaurant) margarine, konfyt, grondboontjie
botter, Bovril, ens
• Vrugte
• Iets baie waardevol vir die inwoners – toiletpapier
3 Ikaya Nothando – benodighede
Om ook die spens van Ikaya Nothando ‘n hupstoot te gee, word die volgende
items aanbeveel
• Nan pelargron no 1 en 1 (oranje blik)
• Pampers / Huggies no 0 – 5
• Purity FRUIT no 1 – 3
• Nestum / Cerelac baby cereal – original
• Wetwipes – reukvry
• Elizabeth Ann’s produkte – Vaseline, aqueous cream
• Babakomberse van Woolworths of Edgars
• Baby grows – premature – 2 jaar oud
• Groot baba handdoeke (sonder kappie)
• Sunlight liquid
• Sunlight Auto waspoeier
• Handy Andy
• Mielie meel
• Groente (bevrore of vars)
• Blikkieskos vir die werkers
• Pasta
• Rys
• Koffie, tee, suiker
• Toiletpapier
4 Ikaya Nothando - dienste
Hulle benodig vrywilligers wat kan help met naaldwerk om die volgende items
te maak:
• 20 duvets vir die bababeddens
• 6 duvets vir wiegies
• . broeke vir die werkers
• Verf van reeds getekende prente teen die mure
5 Professionele dienste
Is jy bereid om op ons databasis te registreer om professionele dienste te lewer?
Jy bepaal self hoe gereeld ons jou kan kontak indien daar behoefte daaraan is.
Kontak vir Babette by gemeenskap@viamdei.com, indien jy hier wil betrokke raak.