Viam Dei (Aanlyn)

Inskrywings vir 2022 is nou oop!

 

Viam Dei Aanlyn loop parallel met die program en inhoud van jaar 1.

Jy benodig ‘n redelike goeie internetkonneksie om die weeklikse zoom sessie by te woon en om PDF materiaal af te laai.

 

Wanneer:

Maandag (18:00-20:00) via Zoom OF

Dinsdag (10:00-12:00) via Zoom

(Kies slegs een van hierdie opsies tydens inskywing. Dit word dan jou sessie vir elke week)

Indien jy nie een van hierdie Zoom sessies kan bywoon nie, kan jy ook op jou eie tyd deur die materiaal werk en na die Podcast luister.

 

Koste:

Viam Dei is 'n jaarkursus:

Semester 1 - R1000 (betaalbaar met inskrywing)

Semester 2 - R1000 (betaalbaar teen einde Julie 2022)

(Indien jy nie die fooie kan bekostig nie, kan jy 'n persoonlike e-pos stuur aan marina@viamdei.com om dit te bespreek. Finansies moet nooit die rede wees waarom jy nie by Viam Dei kan aansluit nie.)